Ce document contient la Définition de Chalcédoine (451) en langue afrikaans parlée en Afrique du Sud, en Namibie, au Botswana et au Zimbabwe.

1 pages.

La Définition de Chalcédoine en langue afrikaans Die Konsilie van Chalcedon

In navolging van die heilige vaders leer ons eenstemmig aan mense om een en dieselfde Seun, ons Here Jesus Christus, te bely, volmaak in sy Godheid en ook volmaak in sy mensheid; waarlik ten volle God en waarlik ten volle mens te wees, met ‘n rasionele siel en liggaam; een in essensie met die Vader volgens die Godheid en een met ons na die menslikheid; in alles soos ons, maar sonder sonde; gebore voor alle eeue uit die Vader volgens die Godheid en in hierdie laaste dae, vir ons en tot ons redding, gebore uit die maagd Maria, die moeder van God, volgens die menslikheid; een en dieselfde Christus, Seun, Here, eniggebore, om as van twee nature erken te word, sonder verwarring, sonder verandering, sonder verdeeldheid, sonder skeiding.

Die onderskeid tussen die nature word geensins deur die eenheid weggeneem nie, maar eerder die unieke aard van elkeen word bewaar, wat saamval in een persoon en een bestaan, nie geskei of in twee persone verdeel word nie, maar een en dieselfde Seun, en eniggebore, God die Woord, die Here Jesus Christus; soos die profete van die begin af aangaande Hom getuig het, en die Here Jesus Christus self ons geleer het, asook die lering van die heilige vaders wat aan ons oorgelewer is./